Protea en robyn armband

Protea en robyn armband

R1,320

1 in stock

SKU: protea-en-robyn-armband Categories: ,

Dit is Jesus wat in my leef; nie meer ek nie. Ek heers saam met Hom as Abba se kind.

Wanneer jy hierdie armband dra, verklaar jy profeties die volgende:

Die Protea: Jy is wedergebore (Johannes 3:3), jy is ‘n nuwe skepping (2 Korintiërs 5:17), jy is deur vuur gesuiwer (1 Petrus 1:7). Dit is eers nadat dit protea gebrand het dat dit saad vrylaat en versprei. Op hierdie manier word ons ook eers gesuiwer om in onsself dood te gaan.

Die pêrel: Jy glo dat daar ‘n skat in jou is waarvoor Jesus Sy lewe neergelê het (Matteus 13); hierdie skat word dan lagie vir lagie ontwikkel soos die verhouding met Abba Vader verdiep (Spreuke 8).

Die Robyn: Deur Jesus se bloed ontvang ons Hom as ons hoeksteen (Efesiërs 2:20); jou geloof in Jesus, die Seun van God, maak jou onmiddellik ‘n kind van Abba Vader (Romeine 4:3-5) en omdat jy in Jesus glo, heers jy ook saam met Hom (Romeine 8).

Hierdie oop armband is handgemaak met Stirling Silwer, ‘n vervaardigde robynsteen en 'n varswaterpêrel.