Protea en varswaterpêrel hangertjie

Protea en varswaterpêrel hangertjie

R1,335

1 in voorraad

SKU: protea-en-varswaterperel-hangertjie Kategorieë: ,

Koester die plesier wat die Bruidegom, die geliefde van jou siel, Jesus jou koning, in jou vind. Jy is vir Hom soos ‘n spesiale pêrel waarvoor Hy duur betaal het.

Wanneer jy hierdie hangertjie dra, verklaar jy profeties dat dit nie meer jy is wat lewe nie, maar Jesus in jou en deur jou. Omdat jy Hom gekies het, verander Hy jou traumatiese gebeurtenisse in pêrels.

Die protea moet eers brand voordat dit kan saadskiet en voortplant. So moet ons ook kies om dood te gaan in onsself voordat ons kan saad word vir Abba se koninkryk.

Die pêrel is gevorm deur ‘n proses waarin lagie vir lagie bygevoeg word. So ook laat Abba ons die leuens lagie vir lagie van ons identiteit aftrek, en vervang met die waarheid totdat dit in die mooiste skat verander het.

Hierdie hangertjie is handgemaak met ‘n sagte Stirling Silwer 40 cm-kettinkie en ‘n 7,5 cm-verlenging.