Swaeltjie en varswaterpêrel hangertjie

Swaeltjie en varswaterpêrel hangertjie

R1,150

1 in stock

SKU: swaeltjie-en-varswaterperel-hangertjie Categories: ,

Laat Abba se vreugde oor jou opstyg in jou hart.

Wanneer jy hierdie hangertjie dra, verklaar jy dat Abba vir jou uitkyk sodat jy oor NIKS besorg hoef te wees nie. Hy is die een wat jou lei, behoed en bewaar.

Die swaeltjie simboliseer dieselfde as die mossies deurdat Abba na ons kyk, vir ons uitkyk en na ons omsien, maak nie saak wat nie. Omdat ons waarde vasstaan in Jesus, kan ons soos die swaeltjie blitsig en vinnig uitswaai en op die golwe van die wind ry.

Die pêrel is gevorm deur ‘n proses waarin lagie vir lagie bygevoeg word. So ook laat Abba ons die leuens lagie vir lagie van ons identiteit aftrek, en vervang met die waarheid totdat dit in die mooiste skat verander het.

Hierdie hangertjie is handgemaak met ‘n sagte Stirling Silwer 29 cm-kettinkie en ‘n 7,5 cm-verlenging.